Die Trauma Oorwinnaar

Waarom neem sommiges 10 jaar om trauma te verwerk, terwyl ander dit in 30 minute kan doen?

Die Trauma Oorwinnaar Afr 3d (small)Hoe vinnig het iets traumaties al met jou gebeur – 3-ure, 30-minute of in 30-sekondes?

  • 3-ure as jy aangehou was in ‘n gewapende roof,
  • 30-minute as jy die vernederende afjak van ‘n baas moes verduur, omdat jou resultate nie soos die ander werknemers s’n was nie.
  • 30-sekonde as jy in ‘n motorongeluk betrokke was.

En hoe lank het dit jou geneem om oor die skok, vernedering, vrese en effek daarvan te kom – 30-jaar, 3-jaar of net 30-minute?

Wanneer enige persoon oor die korrekte kennis en praktiese metodes beskik, kan hul binne 30-minute van negatiewe emosies, ontstellende gedagtes en die algemene simptome na traumatiese gebeure herstel.

  • Dis so maklik soos om ‘n resep te volg as jy eers weet hoe die brein en liggaam trauma verwerk.
  • Dis nie nodig om met vrese, angstigheid en slapeloosheid vir jare mee saam te leef nie!
  • Jy hoef nie vir 3 jaar te rou oor geliefdes se afsterwe as daar soveel mooi is wat jy kan onthou nie.

Hierdie boek gaan jou die kennis en resepte gee om die nagevolge van jou traumatiese gebeure te oorwin!

Vir wie is hierdie boek?

  • As jy ‘n trauma oorlewende is en smag na oorwinning oor die langtermyn gevolge daarvan,
  • As jy moeg is om net te cope en weer wil begin lewe,
  • As jy beide die Bybelse en wetenskaplike benadering tot trauma wil leer (ja, die woord trauma kom 3 maal in die Bybel voor),
  • As jy ‘n berader of hulpverlener is wat meer oor trauma wil weet,
  • As trauma ‘n ondewerp is wat jou interesseer.

Wat is hierdie e-boek nie?

  • Dis nie n vervanging vir mediese hulp of medikasie nie (as jy tans mediese hulp/medikasie ontvang),
  • Dis nie ‘n waarborg dat jy oornag van alle traumatiese simptome ontslae gaan raak nie (alhoewel jy verseker gehelp gaan word vir sekere simptome),
  • Dis nie ‘n wetenskaplike artikel nie (alhoewel dit baie wetenskaplike feite en bewyse van navorsing bevat),
  • Dis nie ‘n teologiese skripsie nie (alhoewel dit voorbeelde van Bybelse karakters en hul trauma bevat).

Wat ‘n leser oor Die Trauma Oorwinnaar te sê het…

Ek raak maklik verveeld met ‘n boek, veral oor trauma wat gewoonlik swaar geskryf word met baie tegniese terme en ‘n beoordelende toon. Hierdie boek is anders.

Dis ‘n gemaklik skryfstyl wat aan die eenkant die erns van trauma aanspreek, maar terselfdertyd die hoop uitwys dat die gevolge van trauma oorwin kan word. Waarvan ek ook hou is die talle vraelyste wat in die boek gebruik word, sodat jy op swart-en-wit kan sien hoeveel jy eintlik wegbêre of wegsteek vir jouself.

Ek sal hierdie boek vir almal wat enige vrae rondom trauma het, self sukkel met die gevolge daarvan of net kennis wil opdoen, kan aanbeveel! Die mees doeltreffendste van hierdie boek vir my is die hoop wat soos ‘n goue lint deur al die hoofstukke gaan.

Anita du Toit (Pretoria)

——————————————————————————————

Ons 110% 🙂 -waarborg aan jou!

110%Wanneer jy Hoofstukke 1 tot 5 gelees het en jou eie funksionering onder stresvolle tye en/of traumatiese insidente nie beter verstaan nie, gee ons jou R215.00 (met ‘n 🙂 ) terug en jy hou die hoofstukke 1 tot 5 as ‘n geskenk!

Dis 110% terug in jou sak as jy jou eie denke, emosies en optrede onder stres/trauma nie beter verstaan nie!

——————————————————————————————-

Bladsye uit hierdie e-boek (deel 1)

Trauma Oorwinnaar Graphics

Wat jy in Deel 1 gaan leer

  • Die Trauma Oorwinnaar Voorblad (Small)Die langtermyn gevolge van trauma word breedvoerig uiteengesit,
  • Die werking van die mens se brein gedurende en na traumatiese gebeure word verduidelik,
  • Die interaksie en wisselwerking tussen ons gedagtes, emosies en liggaam word bespreek,
  • Baie frustrasies lei na stres en dan na hulpeloosheid en dan beleef jy dieselfde simptome as ‘n getraumatiseerde persoon,
  • Hoekom die onderbewussyn aan die storielyn, prentjies en negatiewe emosies van ‘n traumatiese gebeurtenis vashou,
  • Self-evaluering en diagramatiese voorstelle in hierdie boek wat jou begrip vir jouself en ander gaan gee.
  • Self-help tegnieke wat deur wetenskaplike navorsing bewys is, maar die publiek nie van weet nie.

Wat maak dié e-boek so uniek?

  • Daar is tans geen Afrikaanse boek met sulke breedvoerige inligting omtrent Trauma in enige boekwinkel beskikbaar nie.
  • Daar is geen Afrikaanse boek waarin daar wetenskaplike nagevorsde self-evalueringvorms vir die leser se gebruik in is nie.
  • Nuwe metodes en tegnieke wat tans in die sosialewetenskappe en terapeutiese veld met sukses gebruik word, word d.m.v. sketse en foto’s verduidelik.
  • Daar is geen Afrikaanse boek oor Trauma waarin soveel self-help tegnieke in een boek te vinde is nie.
  • Daar is geen Afrikaanse boek wat ‘n gebalanseerde samevatting bevat tussen menslike funksionering, sosiale wetenskappe en ‘n praktiese teologiese benadering tot trauma en stres nie.

——————————————————————————————————————————————-

2 Maniere om dié e-boek te koop

Die Trauma Oorwinnaar Website Graphics

Betaling – Gewone Opsie

R195

Buy

Betaling – Bonus Opsie

R245

Buy

Belangrik!

Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?

  1. Jy word na PayFast se webblad geneem waar jy eers moet registreer.
  2. Daarna word jy die opsie gegee watter betalingsmetode jy wil gebruik – Kredietkaart, Internet of Ukash.
  3. PayFast is ‘n betroubare Suid Afrikaanse maatskappy.
  4. Indien jy sukkel met die betaling op PayFast, kontak ons gerus by admin@functionaltherapy.co.za vir bankbesonderhede.
  5. Sodra jy ‘n betaling deur PayFast gemaak het, sal ons jou binne 48 uur kontak om betaling en plek van bywoning te bevestig.

Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus 🙂

Functional Therapy Span

(NS. Wie is die skrywer?)

Hoofstuk se titel wat jy per week gaan ontvang:

Voorwoord: Die Trauma Oorwinnaar

Deel 1:

Hoofstuk 1: Normale menslike funksionering – Optimale-, effektiewe funksionering vs. oneffektiewe funksionering.

Hoofstuk 2: Wat is Trauma? – Die verskil tussen groot en klein trauma’s.

Hoofstuk 3: Trauma en die Bybel – Stapsgewyse uiteensetting van genesing volgens die Skrif.

Hoofstuk 4: Die Langtermyn gevolge van Trauma – Waarom mens nie die gevolge van trauma moet ignoreer nie.

Hoofstuk 5Die Werking van die Brein – Jou denke, gevoelens en optrede is toe glad nie so uniek nie.

Hoofstuk 6: Psigoterapie en Trauma – Wat is psigoterapie en hoekom dit Bybels is.

Opsomming: Samevatting van hoofstukke 1 tot 6

Deel 2:

Sal 2016 voltooi wees.

Hoofstuk 7: Skryfterapie – waarom Dawid die Psalms geskryf het.

Hoofstuk 8: Praatterapie – waarom stilbly nie werk nie.

Hoofstuk 9: Gebedsterapie – waarom daar krag in handoplegging is.

Hoofstuk 10: Meditasie – waarom God vir Josua beveel het om te mediteer (en Dawid gereeld gemediteer het).

Hoofstuk 11Klopterapie – waarom elke mens instinktief aan sekere punte op sy gesig raak wanneer spanning en angstigheid ervaar word.

Hoofstuk 12: Kognitieweterapie – hoe om jouself te anker teen die storms van die lewe.

admin@functionaltherapy.co.za

Stuck with life's problems? Heal, grow and experience life to the fullest again!