Assessering Opleiding

Voel jy soms in die duister wanneer jy met kliënte werk?

Hulle het hul storie vir jou vertel, maar tog weet jy daar is nog onderliggende probleme –  jy kan net nie jou vinger daarop druk nie.

Om by die wortel van die probleem uit te kom verg meer as ‘n paar vrae vra. Die kliënt weet meestal ook nie wat die wortel van die probleem is nie, anders sou hy jou nie kom sien het nie.

So hoe nou gemaak? Kom leer om hoe om jou kliënt se emosionele funksionering, selfpersepsie, verhoudingsdinamiek, coping-meganismes en stresvlakke te assesseer.

Ons stel bekend: Opleiding in assessering

  • Neem ingeligte besluite op grond van betroubare data,Root of the problem
  • Gebruik wetenskaplik-beproefde assesseringskale,
  • Vat die raaiwerk uit jou berading/terapie sessies uit,
  • Leer evaluasietegnieke vir effektiewe hulpverlening,
  • Verstaan jou kliënt se innerlike funksionering,
  • Verstaan jou kliënt se gedragspatrone,
  • Weet hoe die kliënt hom- of haarself sien.

Vir wie is hierdie opleiding?

  • Vir maatskaplike werkers, pastorale beraders, terapeute en predikante wat passievol is om ander te help,
  • Vir diegene wat hul kliënt se vordering wil kan meet,
  • Vir hulpverleners wat beproefde skale wil gebruik.

Wat ander hieroor sê

‘n Nuwe wêreld het vir my oopgegaan! Ek kan nie glo hoeveel tyd ek in die verlede gemors het nie. Ek het nou baie meer selfvertroue en my gemeentelede beleef hierdie assesserings as baie professioneel.

Predikant van Gauteng

Hierdie assesserings het vir my nuwe geleenthede geskep om my praktyk uit te brei. Dit het my nie net gehelp om met meer selfvertoue my kliënte te sien nie, maar my praktyk het ook finansieël daarby gebaat.

Maatskaplikewerker in Noordwes

Voorbeelde uit die opleidingsmateriaal

ekometrie ad

Wat maak hierdie opleiding so uniek?

  • Jy gaan onderlê word in die praktykwaarde van ‘n unieke psigo-teologies-maatskaplike mensbeskouing.
  • Jy gaan deel word van ‘n groep mense wat onderrig word in die gebruik en interpretasie van assesseringstegnieke wat deel is van ‘n jong en dinamiese nuwe wetenskap (ekometrie).
  • Jy gaan weet hoe om die resultate van assessering deel te maak van die hulpverleningsproses.
  • Jy gaan ophou tyd mors deur weg te doen met vae en subjektiewe idees van jou kliënte se probleme.
  • Maatskaplike werkers verdien 5 CPD punte per module.
  • NG Kerk predikante verdien 5 VBO punte per module.

Werkswinkel datums 2018

  • Volwasse assesseringskaal (PMSI)
    • 12 Februarie 2018
  • Kinder assesseringskale (SPrim en SHigh)
    • 13 Februarie 2018
  • Loopbaan assessering (OCPI)
    • 14 Februarie 2018

Jy kan onmiddellik inskryf en deur middel van ons virtuele klaskamer (www.PTCfundi.co.za) aan die teorie begin werk.

Betaling

  • Registrasiefooi: R1 050
  • Volwasse assessering: R2 850
  • Kinder assessering: R2 850
  • Loopbaan assessering: R2 850

Registrasiefooi is eenmalig, hetsy daar vir een, twee of aldrie Modules ingeskryf word.

Belangrik

Laai die registrasievorm hier af.

registrasievorm

Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus 🙂

Functional Therapy Span

admin@functionaltherapy.co.za

Leave a Reply

Stuck with life's problems? Heal, grow and experience life to the fullest again!