Webwerf- en Bemarkingskursus

Al ooit gewens jy het jou eie webwerf, maar gedink mens moet kan programmeer?

Nie meer so nie!

As jy kan copy-n-paste, kan jy jou eie webwerf skep en bestuur!

Tot so onlangs as tien jaar gelede, moes jy rekenaartaal verstaan om ‘n webwerf te ontwikkel. Die meeste mense wat vandag ‘n webwerf wil hê is onder die indruk dat dit vandag nog die geval is.

Tye en tegnologie het verander en daarom kan jy vandag met so min kennis as copy-n-paste, jou eie webwerf ontwikkel, bestuur en as kragtige bemarkingsgereedskap gebruik.

Ontwerp jou eie webwerf en kom leer hoe om jou besigheid, bediening, praktyk of diens te bemark.

Wat jy gaan leer:

  • WebsiteHoe om jou webwerf self d.m.v WordPress saam te stel (sonder dat jy enige iets van programmering hoef te weet),
  • Hoe om nuwe webbladsye by te voeg (as jy kan copy-and-paste, kan jy dit doen),
  • Hoe om ‘n verkoopsbladsy (sales page) te ontwerp (dis ‘n wetenskap met logiese stappe)
  • Hoe die sielkunde van verkope werk (waarna soek jou brein voordat jy enigiets koop),
  • Die proses van voorverkope (pre-sale strategies).

Wat jy NIE gaan leer NIE:

  • Hoe om te programmeer (ons los dit vir die slim ouens),
  • Hoe om prentjies te photoshop (sodat jy soos ‘n model op jou eie webwerf lyk),
  • Hoe om ‘n logo vir jou besigheid of praktyk te maak (ons sal jou na die regte mense verwys).

Wat een terapeut van die werkswinkel sê

Na jare van besig wees in my veld, het ek besluit dis tyd om ‘n eie webwerf te hê, maar was onseker of ek dit sou kon baasraak! Die gedagte dat ek aan die einde van die week ‘n werkbare en visueel aanloklikke webwerf kan hê (soos geadverteer is), het my opgewonde gemaak, maar terselfdertyd angstig om in ‘n groep te moes werk.

Mariet-Hammann-1Ek was nie teleurgestel nie en die werkswinkel het al my verwagtinge oortref! Edgar (die werkswinkel aanbieder) het ‘n ongelooflike gawe om die teorie op ‘n spontane praktiese manier te laat gebeur. Hy was gedurig konsidererend met almal se vordering, begrip vir die werk en toepassing van die inligting.

Die materiaal was maklik, dog ongelooflik volledig en aan die einde van die 5 dae was my webwerf 99% voltooid. Elke profesionele persoon (eintlik enige persoon) kan hul eie webwerf skep en self bestuur en sodoende hulself baie geld spaar. Ek sal hierdie werkswinkel vir almal aanbeveel en dis die geld oor-en-oor werd.

Mariët Hamman (Functional & Art-based Therapist)

Ons 🙂 waarborg aan jou

Indien jy aan die einde van hierdie opleiding dink dit was tydmors en jy niks geleer het nie, gee ons 100% van jou kursusfooi met ‘n 🙂 aan jou terug!

Bladsye uit die opleidingsmateriaal

Website building bladsye 1

Datums en voorwaardes

  • 19 – 22 Feb 2018: Alberton
  • 13 – 16 Mar 2018: Alberton
  • 21 – 24 May 2018: Alberton
  • 16 – 19 Jul 2018: Alberton
  • 20 – 33 Aug 2018: Alberton
  • 09h00 – 16h00 daagliks
  • Bring eie skootrekenaar met internetkonneksie saam,
  • Kursusgelde moet ten volle betaal wees voor aanvang van kursus.

Wat die eienaar van PTC oor hierdie werkswinkel sê

Bertie-1Na jare se geswoeg en sweet om ‘n besigheid en praktyk op te bou en dan te voel asof niemand van jou weet nie, het my laat besluit om hierdie werkswinkel by te woon. Ek was bang en angstig, omdat ek nie oor die nodige kennis en vaardighede beskik nie (ek’t gedink mens moet darem bietjie kennis van programmering vooraf hê). Terselfdertyd was ek opgewonde, want dit het soos een van daai maak-of-breek oomblikke gevoel.

Wel, ek het nie woorde om my belewenis tydens die werkswinkel te beskryf nie! Ek was lanklaas so opgewonde en entoesiasties oor iets gewees. Elke dag het dit gevoel asof duisende breinselle aangeskakel word en ek kon net nie ophou dink aan al die moontlikhede wat hierdie kursus vir my ontsluit nie.

Dit het my verwagtinge 1000% oorskry en ek het binne 5 dae verander van iemand wat gedink het ek sal nooit so iets kon doen nie, tot ‘n webwerfontwerper wat 100% in beheer is van my eie webblaaie. Tydens die werkswinkel het ek nooit onder druk of bedreig gevoel nie en Edgar is bereid om sy jare se kennis en ervaring op ‘n praktiese wyse met almal te deel.

Die materiaal is net so uitstaande en fantasties – ‘n skatkis vol praktiese idees. Aanvanklik het ek gedink die werkswinkel is duur, maar dis absoluut waarde vir geld. Inteendeel, ek dink eintlik die kursus is te goedkoop. Ek kan nie dink hoe kan enige persoon wat homself wil bemark, nie oor ‘n webwerf beskik nie en ek sal hierdie werkswinkel aanbeveel omdat jy twee vlieë met een klap slaan, 1) jy ontwerp en is in beheer van jou eie webwerf en 2) jy leer waardevolle bemarkingstegnieke.

Dr Bertie Hanekom (Eienaar van Perspektief Opleidingskollege)

Hoe bespreek en betaal ek?

Website building betalingsopsies 12

 

Opsie 1:

Die volgende word ingesluit:

  • Subdomein van www.functionaltherapy.co.za byvoorbeeld http://edgar.functionaltherapy.co.za
  • 3 epos-adresse en 12 maande se hosting-fooie ter waarde van R600
  • 3 handleidings (The Home Page, The About Us Page en Getting to Sign Up) ter waarde van R575
  • Jy stap weg met ‘n funksionele webwerf waaroor jy 100% beheer het en
  • Jy weet hoe om voornemende kliënte te laat opteken vir jou nuusbrief en
  • Jy kan self nog onbeperkte hoeveelheid webbladsye ontwerp.

Koste R 3 750

PayOpsie 2

Die volgende word ingesluit:

  • Subdomein van www.functionaltherapy.co.za byvoorbeeld http://edgar.functionaltherapy.co.za
  • Eie domein byvoorbeeld www.perspectivetrainingcollege.co.za
  • 5 epos-adresse en 12 maande se hosting ter waarde van R800
  • 3 handleidings (The Home Page, The About Us Page en Getting to Sign Up) ter waarde van R575
  • 3 addisionele handleidings (How to get, keep and grow clients, How to create a Sales Page en How visuals increase sales) ter waarde van R950
  • Jy stap weg met ‘n funksionele webwerf waaroor jy 100% beheer het en
  • Jy weet hoe om voornemende kliënte te laat opteken vir jou nuusbrief en
  • Jy kan self nog onbeperkte hoeveelheid webbladsye ontwerp en
  • Jy weet waarop om vir die volgende 3-jaar te fokus, sodat jou besigheid konstant kan groei en
  • Jy weet hoe om a sales page te ontwerp om sodoende jou webwerfverkope te verhoog.

Koste R 5 000

Pay

Bonus Opsie

Die volgende word ingesluit:

  • Subdomein van www.functionaltherapy.co.za byvoorbeeld http://edgar.functionaltherapy.co.za
  • Eie domein byvoorbeeld www.perspectivetrainingcollege.co.za
  • 3 handleidings (The Home Page, The About Us Page en Getting to Sign Up) ter waarde van R575
  • 3 handleidings (How to get, keep and grow clients, How to create a Sales Page en How visuals increase sales) ter waarde van R950
  • 1 addisionele handleiding (Pre-Sale Strategy) ter waarde van R4950
  • Jy stap weg met ‘n funksionele webwerf waaroor jy 100% beheer het en
  • Jy weet hoe om voornemende kliënte te laat opteken vir jou nuusbrief en
  • Jy kan self nog onbeperkte hoeveelheid webbladsye ontwerp.
  • Jy weet waarop om vir die volgende 3-jaar te fokus, sodat jou besigheid konstant kan groei en
  • Jy weet hoe om a sales page te ontwerp om sodoende jou webwerfverkope te verhoog en
  • Jy weet hoe om voorverkope strategies te gebruik, sodat kliënte jou produk/diens “koop” lank voor hul daarvoor betaal!

Koste R6 250

Pay

Belangrik

Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?

  1. Jy word na PayFast se webblad geneem waar jy eers moet registreer.
  2. Daarna word jy die opsie gegee watter betalingsmetode jy wil gebruik – Kredietkaart, Internet of  Ukash.
  3. PayFast is ‘n betroubare Suid Afrikaanse maatskappy.
  4. Indien jy sukkel met die betaling op PayFast, kontak ons gerus by admin@functionaltherapy.co.za vir bankbesonderhede.
  5. Sodra jy ‘n betaling deur PayFast gemaak het, sal ons jou binne 48 uur kontak om betaling en plek van bywoning te bevestig.

Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus 🙂

Functional Therapy Span

admin@functionaltherapy.co.za

Stuck with life's problems? Heal, grow and experience life to the fullest again!