Is jy die persoon wat altyd na ander se probleme luister?
Dis amper asof daar op jou voorkop geskrywe staan Praat met my, ek kan luister en jou help.
Dan moet jy toegerus word met ‘n struktuur, ‘n werkbare proses en ‘n terapeutiese tegniek om mense effektief te kan help!
Die meeste hulpverleners en beraders weet nie waar om te begin wanneer hulle mense help nie. Hul beskik ook nie oor ‘n eindprentjie van waar hul wil uitkom nie. Dis amper ‘n geval van “mogge troffe” en hul hoop dat hul advies, ondersteuning en bemoedigende woorde ‘n verskil in die persoon se gemoedstoestand sal maak.
Om nie oor die kennis te beskik van waar om te begin, hoe die beradingsessie moet verloop en wat die gewenste uitkomste moet wees, is amper soos om ‘n skoot in die donker te skiet en te hoop die teiken word getref. Partymaal werk jou advies en jy voel bevredig, maar ander kere voel jy soos ‘n mislukking as jy sien die persoon sukkel nogsteeds met dieselfde probleme.
Hierdie 2-Dag opleiding in Intensiewe Hulpverlening bestaan uit:
- Kennis
- Assesseringskale
- ‘n Terapeutiese tegniek
Kennis
Sonder kennis van menslike funksionering onder stes en trauma, kan daar verkeerde aannames oor die kliënt gemaak word. Die berader kan onder die indruk wees dat die kliënt nie geloof in God het, pessimisties en lui is, terwyl kennis van optrede, denke en emosies onder stes en trauma, eintlik als kan verduidelik. Jy gaan kennis van normale-, stres- en traumagedrag verkry, sodat jy met sekerheid kan onderskei wanneer die persoon sy storie aan jou vertel.
Assesseringskale
Prof. Walter Hudson wat as die vader van Ekometrie in Amerika gesien word het gesê, as jy nie ‘n persoon se probleem kan meet nie, bestaan dit nie en kan dit ook nie behandel word nie! Assessering van frustrasie-, stres- en traumavlakke, asook selfpersepsie is van uiterste belang wanneer daar terapeutiese hulp verleen word. Dit maak die beradingsproses meetbaar en neem die raaiwerk (dobbelspel) uit die proses. Jy gaan internasionale pen-en-papier assesseringskale wat geldig en betroubaar is leer gebruik, sodat jy met selfvertroue hulp kan verleen.
‘n Terapeutiese tegniek.
Sonder ‘n terapeutiese tegniek is jy soos ‘n loodgieter sonder sy gereedskap. Hy kan jou vertel wat die probleem is, maar kan dit ongelukkig nie regmaak nie. Die tegniek wat jy gaan leer is om deur middel van woordgebruik en spesifieke stamsinne, vinnig by die waarheid uit te kom en die stories wat lang draaie neem , kort te knip.
Jy gaan verder ook leer,
- die basiese beginsels van berading en terapie vanuit ‘n Christelike oogpunt,
- Watter eienskappe ‘n kliënt tydens ‘n sessie moet hê, sodat verandering kan plaasvind.
- ‘n beradingsmodel wat jou wys waar en hoe om te begin,
- hoe die brein funksioneer wanneer hoë frustrasie en stres beleef word,
- watter eienskappe ‘n goeie berader en terapeut moet hê,
- hoe om pen-en-papier assesseringskale te gebruik, sodat die beradingsproses vergemaklik word.
Vir wie is hierdie opleiding?
- Vir alle hulpverleners (by ‘n kerk/skool/instansie) wat ‘n beproefde terapeutiese model, assesseringskale en beradingstruktuur benodig,
- Vir Christen beraders en terapeute.
Waaroor gaan hierdie opleiding NIE
- Dis nie ‘n in-diepte opleiding oor al die fasette van berading en terapie nie,
- Dis nie opleiding waarmee jy pare wat huweliksprobleme het kan help nie, alhoewel jy elke persoon individueel tot ‘n groot mate sal kan help,
- Daar word nie tegnieke geleer om met trauma te werk nie, alhoewel die nuutste terapeutiese tegnieke wel bespreek gaan word.
Wat ander van hierdie opleiding sê
“Die opleiding was meer as wat ek verwag het. Die atmosfeer was warm en veilig en die studiemateriaal goed uiteengesit en verstaanbaar. Ek het meer geleer as wat ek verwag het en sal dit vir enige iemand wat met mense werk, aanbeveel. Ek is met baie kennis daar weg en verstaan nou ook myself en ander se funksionering baie beter. Baie dankie vir die opleiding!”
Honeurs sielkundestudent van Alberton
“Die opleiding het my verwagtinge oortref. Ek het nie net kennis, maar ook self terapie ontvang – die ligte het vir my aangegaan! Die opleiding was persoonlik bevrydend en sal meer wil weet oor die ‘ware en vals self’ wat bespreek is. As jy berading doen, is hierdie opleiding ‘n moet!”
Predikant van Mpumalanga
Ons 🙂 waarborg aan jou!
Indien jy aan die einde van die opleiding dink dit was tydmors en jy niks geleer het nie, gee ons 100% van jou kursusfooi met ‘n 🙂 aan jou terug!
Bladsye uit die opleidingingsmateriaal
Wat maak hierdie opleiding so uniek?
Jy gaan…
- weet wat die verskil tussen berading en terapie is,
- weet oor watter eienskappe ‘n goeie berader/terapeut moet beskik,
- watter eienskappe enige persoon tydens ‘n terapiesessie moet beskik, voordat innerlike- en gedragsverandering moontlik is,
- menslike funksionering in so mate verstaan dat jy minder sal oordeel en meer begrip gaan hê,
- toegerus word met pen-en-papier assesserings, sodat jou kliënt geassesseer kan word,
- leer hoe om die eerste vier beradingsessies gestruktureer te hanteer,
- weet waar jou eie tekortkomininge as hulpverlener lê,
Datums
- 7 – 8 Sept: Alberton
- 12 – 13 Sept: Alberton
- Groepe/kerke/organisasies: Datums en kostes vir groepe op aanvraag.
Opsies
Sien onderstaande 2 opsies en los jou naam op die waglys indien jy belangstel
Belangrik
Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?
- Jy word na PayFast se webblad geneem waar jy eers moet registreer.
- Daarna word jy die opsie gegee watter betalingsmetode jy wil gebruik – Kredietkaart, Internet of Ukash.
- PayFast is ‘n betroubare Suid Afrikaanse maatskappy.
- Indien jy sukkel met die betaling op PayFast, kontak ons gerus by admin@functionaltherapy.co.za vir bankbesonderhede.
- Sodra jy ‘n betaling deur PayFast gemaak het, sal ons jou binne 48 uur kontak om betaling en plek van bywoning te bevestig.
Registrasie op PTC se Assessment Centre?
Prof. Waltor Hudson wat Ekometriese assesseringskale ontwikkel het, het gesê; As jy nie ‘n kliënt se probleem kan meet nie, bestaan dit nie. As jy nie ‘n kliënt se probleem kan meet nie, kan dit nie behandel word nie.
Die Assessment Centre gee jou toegang tot ‘n verskeindenheid internasionaal geldige en betroubare skale. Vir hierdie werkswinkel sal jy op die Assessment Centre geregistreer word, sodat jy die Self-perception Scale (SPS) en Negative Functioning Inventory (NFI) kan gebruik om kliënte te assesseer.
Die Self-perception Scale bestaan uit drie konstrukte en meet ‘n persoon se gevoel van sekuriteit (liefde), skuldgevoelens, en gevoel van selfwaarde.
Die Negative Functioning Inventory bestaan uit ses konstrukte en meet ‘n persoon se frustrasie-, stres- en traumavlakke.
Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus 🙂
Perspektief Opleidingskollege
adminatperspectivetrainingcollegedotcodotza