Verhoudingsfasilitering (huwelike)

Val jy in die strik om tydens huweliksterapie op die Simptome te fokus en Probleme te probeer oplos?

  • fighting-coupleVoel en klink jou terapiesessies met ‘n huwelikspaar soos ‘n bosoorlog?
  • Ondervind jy ‘n gebrek aan struktuur tydens huweliksterapie?
  • Praat die huwelikspare by mekaar verby?
  • Raak jy betrokke in hul magstryd oor wie reg en wie verkeerd is?
  • Sukkel jy om intieme konneksie tussen huwelikspare te herstel?

Die Relasionele Model van Huweliksterapie kan ‘n einde aan hierdie frustrasies beteken!

  • Die onbewuste agenda van die huwelik is om jou kinderdae te voltooi.marriag-2
  • Jou huweliksmaat het jou gekies om alles te kry wat hy/sy nie gedurende sy/haar kinderdae gekry het nie.
  • Omdat jy in sekere opsigte soos jou huweliksmaat se ouers is, het jy ‘n onvermoë om te gee wat hy/sy van jou verwag.

 

  • Jou huweliksmaat is ‘n spieël wat jou onderontwikkelde dele reflekteer.FUNNY-FUN-FUN.COM
  • Dele van jou menswees “is nie daar nie” en jou maat verlang daarna.
  • Dele van jou menswees  is verbloem en verdraai deur jou verdedigings-meganismes en dit maak jou maat seer.
  • Omdat ons nie effektief kommunikeer nie, leef ons by mekaar verby.

 

  • Konflik is positief en die perfekte geleentheid vir genesing en groei.family-conflict-_3
  • Jou huweliksmaat hou die sleutels vir jou genesing en groei; jy weet dit net nie.
  • D.m.v. ‘n konfliksituasie kan ons leer waar die genesings- en groei-areas is.
  • Onbewustelik (bonatuurlik?) het jy jou huweliksmaat gekies sodat hierdie genesing en groei in jouself en in jou huweliksmaat kan plaasvind.

Die Spirale Huweliksreis

SpiraleReis

Huwelike gaan normaalweg deur die volgende fases:

  • Romantiese Liefde
  • Magstryd
  • Coping
  • Re-commitment: keuse
  • Doen die werk: intensionele dialoog
  • Transformasie
  • Ware Liefde

Huwelikspare kom by terapeute uit wanneer hul óf in die magstryd, óf in die coping fase is. Dit verg egter werk om ‘n huwelik te maak werk en hierdie werk beteken:

Re-commitment en Intensionele Dialoog! 

Deur middel van die gestruktureerde proses van intensionele dialoog leer huwelikspare om:Mr.-Nice-300x300

  • effektief na mekaar te luister
  • konflik te ontlont
  • kontak en konneksie te herstel
  • te kommunikeer sonder om te reageer

 wat lei tot persoonlike en wedersydse emosionele heling en groei.

Hierdie werkswinkel is bedoel vir:

couple-in-loveProfessionele terapeute soos:

  • Maatskaplike werkers,
  • Sielkundiges,
  • Predikante en
  • Pastorale beraders,

Paartjies wat hul huwelik wil verryk, is ook welkom om by te woon!

Hierdie werkswinkel rus professionele terapeute toe om

  •  die rol van primêre versorgers in die keuse van jou huweliksmaat en -konflik te leer ken;
  • die rol van die sosiale self in die keuse van jou huweliksmaat en -konflik te ontdek;
  • die ontwikkelingsfases wat die vonk tot huwelikskonflik is te ontlont;
  • die sewe fases van die spirale huweliksreis te benut;
  • die vasgestelde struktuur/proses van intensionele dialoog baas te raak en te gebruik tydens huweliksterapie.

Tydens hierdie werkswinkel gaan jy die volgende leer

  • watter rol die primêre versorgers in die keuse van jou huweliksmaat en -konflik speel;
  • die rol van die sosiale self in die keuse van jou huweliksmaat en -konflik;
  • hoe die ontwikkelingsfases as vonk dien tot huwelikskonflik en hoe om dit te ontlont;
  • om die sewe fases van die spirale huweliksreis te benut;
  • om die vasgestelde struktuur/proses van die intensionele dialoog baas te raak en te gebruik tydens huweliksterapie.

Ons 🙂 tydmors waarborg aan jou

Jy sal verbaas wees oor die verskil wat hierdie Verhoudingsfasilitering vir Huwelike aan jou beradingspraktyk sal maak.  Indien jy egter wonder of hierdie werkswinkel die moeite werd kan wees, gee ons jou werkswinkelfooi met ‘n 🙂 aan jou terug as jy dink dit was tydmors.

Volgende datums:

  • 22 – 23 Julie 2015: Noordwes, Potchefstroom
  • 23 – 24 Julie 2015: Noordkaap, Kimberley
  • 2 – 3 Sept 2015: Noordwes, Potchefstroom
  • 18 – 19 Nov 2015: Gauteng, Alberton

Minimum Toelatingsvereistes

Jy moet ‘n gekwalifiseerde berader, terapeut, maatskaplike werker, sielkundige of predikant wees.

Hoe bespreek en betaal ek vir hierdie Verhoudingsfasilitering werkswinkel?

Maak jou keuse (gewone of bonus opsie) en registreer vir die werkswinkel deur op die PayFast knoppie hieronder te kliek of oorbetaling te maak.


Brainspotting Opleiding Gewone Opsie Bonus Opsie
Kursushandleiding  Ja  Ja
Stel van 2 DVDs oor die vervulling van emosionele behoeftes binne die huwelik
(waarde R300)
 Nee  Ja
Pdf-formaat vraelyste vir die gebruik as hulpmiddel tydens huweliksterapie (waarde R100) Nee Ja
Werkswinkelkoste R1800 R1950
Pay Pay

Of deponeer direk in ons rekening – bankbesonderhede:

Banking details graphics 2

Gebruik jou naam en van as verwysing en stuur die bewys van betaling aan: admin@perspectivetrainingcollege.co.za

Belangrik

Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?

  • Jy word na PayFast se webblad geneem waar jy eers moet registreer.
  • Daarna word jy die opsie gegee  watter betalingsmetode jy wil gebruik – kredietkaart, Internet, of Ukash.
  • PayFast is ‘n betroubare Suid-Afrikaanse maatskappy.
  • Sodra jy die betaling deur PayFast gemaak het, sal ons jou DV binne 2 werksdae kontak om die inbetaling te bevestig en die reëlings aangaande die werkswinkel te finaliseer.

Aanbieder

Edgar-en-HanlieHierdie opleiding word deur Edgar Phillips aangebied.

  • Edgar is die senior pastoor by ‘n onafhanklike gemeente in Alberton vanaf 2001 en is tans besig met sy M.Past graad by NWU (Potchefstroom kampus).
  • Hy is ‘n Imago Professional Facilitator vanaf 2008 en gebruik Imago se verhoudingsterapie beginsels wanneer daar met pare, families of groepe gewerk word. (Hierdie werkswinkel is op hierdie beginsels saamgestel.)
  • Sy nagraadse diploma in Funksionele Terapie het hy 2010 by Perspetief Opleidingskollge (PTC) verwerf en bestuur tans PTC se Gautengkampus
  • Vanaf 2010 gebruik hy EFT as terapeutiese tegniek met truamagevalle en is ‘n internasionaal gesertifiseerde EFT praktisyn.
  • In 2014 het hy Brainspotting (Fase 1 & 2) as addisionele terapeutiese tegniek begin gebruik en is ‘n geregistreerde Internasionale Brainspotting Terapeut.
  • Sy passie is om mense wat deur trauma was, te help om van al die negatiewe simptome ontslae te raak, te genees en weer normaal te funksioneer. Om pare te help om elk hulself te kan wees in konneksie, ongeag die verskille, frustrasies of konflik.
  • Verder, help hy ook sportmanne/vroue wat met performance anxiety sukkel en het sy eie dogter gehelp om in 2013, 2014 en 2015 die Suid Afrikaanse 100m naellope skolekampioen te word.

Hy is 22 jaar getroud en bly in Alberton met sy vrou en drie dogters.

Stuck with life's problems? Heal, grow and experience life to the fullest again!