Hoekom ek twee keer dink voordat ek my motor vir die buurman gee om te diens!
(En ook nie sommer met enige terapeut oor my probleme sal praat nie!)
Gestel jou nuwerige motor begin onaardse geluide maak elke keer as jy die koppelaar trap. Jy skrik, natuurlik! Eers vra jy jou man en hy reken dis iets met die ratkas te doen – so dink hy. By die werk praat jy met jou kollegas en vriende en elkeen het ‘n ander weergawe van wat fout kan wees. Hoe meer hul praat, hoe meer sien jy jou Desember vakansiegeld is daarmee heen.
Jy het drie opsies:
- Hou aan ry totdat iets breek – dan weet jy wat dit is!?
- Vra jou buurman wat naweke aan karre werk om jou motor te herstel – hy besit geen elektroniese meetinstrumente nie, maar is glo goedkoop?!
- Gaan na jou motorhandelaar met al die elektroniese toerusting en verloor dalk jou vakansiegeld!!
Jy kies opsie 3 en neem jou motor na die handelaar wat ook hul eie diensentrum besit. ‘n Man met ‘n skoon oorpak wat eerder lyk of hy in ‘n laboratorium moet werk, koppel sy skootrekenaar aan jou motor en doen ‘n diagnostiese toets. Tot jou verbasing en verligting is daar niks fout met die ratkas nie. Jy kry hoop! Daarna trek hy die motor op een van daai oorhoofse domkragte. Vroetel so bietjie en kom dan met die goeie nuus dat dit net die koppelaarkabel wat na aan breek is en vervang dit vinning.
Twee ure later ry jy weg en wonder hoe lank jou buurman sou neem en of hy nie dalk ‘n nuwe ratkas sou voorstel nie. Jou vakansiegeld is nog veilig en jou motor klink weer soos ‘n nuwe!
Wat het jou motor met Funksionele Terapie (FT) te doen?
As Funksionele Terapeut word jy hoofsaaklik in drie areas onderrig:
- Funksionering van die mens (kennis omtrent die motor)
- Ekometriese skale (elektroniese meetinstrumente)
- Terapeutiese kennis en hulpmiddels (kennis en gereedskap om die motor te kan herstel)
1. Funksionering van die Mens
Die rugraat van FT is Antropologie wat die mens se funksionering vanuit beide teologiese en sosiale wetenskappe verduidelik. Antropologie verskaf die struktuur vir terapie en fokus op die nuwe lewe in Christus en nie net op die sondige natuur van die mens nie. Vanuit hierdie oogpunt, tesame met die ontwikkelingsfases van kind tot volwassene, kan terapie gedoen word.
2. Ekometriese skale
Om regtig mense te kan help, moet die oorsaak van die probleme geïdentifiseer word. Hiervoor word internasionaal gestandardiseerde meetinstrumente benodig. Ekometrie is die assessering van die mens se innerlike belewenis sowel as uiterlike gedrag in sy huidige omstandighede. Dit verskaf 93%-97% akkurate inligitng wat die funskionele terapeut bemagtig om haar werk effektief te doen. Slegs funksionele terapeute en ekometriste het toegang tot ekometriese skale.
3. Terapeutiese kennis en hulpmiddels
Wanneer jy kennis van menslike funksionering, asook ‘n betroubare meetinstrument besit, moet daar laastens kennis en “gereedskap” wees om genesing en groei te fasiliteer. Die funksionele terapie kursus is so uiteengesit om meeste geestes, emosionele en relasionele probleme te kan identifiseer, in samewerking met die kliënt op te los, herstel te bring en groei te bewerkstellig.
Wat Funksionele Terapie uniek maak
Die funksionele terapeut kan op ‘n wye veld hulp aanbied:
- Eie terapeutiese praktyk,
- Assessering van laer- en hoërskool kinders,
- Besigheidsassessering en analises,
- Kortkursusse by kerke en gemeenskapsdienste,
- Loopbaan beplanning vir hoërskoolkinders,
- Verhoudingsfasiliteerder vir paartjies, families en besighede,
- Traumaberader by hospitale,
- Pastorale terapeut by kerke,
- Groeps- en individuele leierskapassessering.
Indien jy graag ons Prospektus per epos wil ontvang, kontak ons by: admin@functionaltherapy.co.za
Ooo…ja, ek sal definitief na ‘n funksionele terapeut met my probleme gaan, juis omdat…
- hy/sy oor ‘n beradingsmodel wat op navorsing gegrond is beskik,
- skale wat internasionaal geldig en betroubaar is gebruik en
- sy/haar kennis oor menslike funksionering d.m.v gereedskap vir genesing, herstel en groei kan toepas.