Emotional Freedom Technique (Kliniese)

Hoekom kan trauma so vinnig gebeur EN so groot effek op jou hê, maar dan neem dit jare, soms ‘n leeftyd, om daarvan te herstel?

Hoe kan jy rustig slaap nadat daar by jou ingebreek is? Hoe raak jy van die angstigheid ontslae nadat jy in ‘n motorongeluk was? Hoe kry ek my kop om stil te raak en van al die ontstellende gedagtes ontslae te raak na wat met my gebeur het?

Emotional Freedom Technique (Klopterapie) is een van min tegnieke waar jy van al die negatiewe gevoelens van trauma (binne ‘n paar minute) ontslae kan raak, die prentjies in jou kop “verdwyn” en jy weer normaal kan funksioneer!

Ons leer jou hoe om van die simptome van trauma d.m.v (kliniese) EFT ontslae te raak!

EFT_Manual_by_Dawson_ChurchFase 1 (Basiese Tegniek):

  • ‘n Oorsig oor die geskiedenis en ontwikkeling van klasieke EFT,
  • Die basiese resep van EFT word gedemonstreer, sodat jy stapsgewys weet hoe om EFT op jouself en ander toe te pas,
  • Beide die wetenskaplike- en die lekeverduideliking word bespreek, sodat jy EFT met gemak aan ander kan oordra.
  • Die effek van ongeprosesseerde emosies word behandel,
  • Jy ontvang ‘n 32-bladsye handleiding en DVD.

Fase 2 (Fondasie Tegnieke):

  • EFT Movie techniqueDie langtermyn gevolge van trauma en hoe om daarmee te werk,
  • Die “movie”-tegniek en hoe om intense traumatiese gebeure te prosesseer,
  • Hoe om van fobies dmv EFT ontslae te raak,
  • Hoe die onderbewussyn trauma en stres verwerk, stoor en herroep,
  • Emotionally Focused Transformation en die “kortpaaie” met EFT.

Fase 3 (Professionele Praktyk Tegnieke):

  • neck painOntdek en raak ontslae van die lewenstemas wat jou denke, gevoelens en gedrag beheer,
  • Hoe om verligting van akute en kroniese pyn dmv EFT te verkry,
  • Primêre en sekondêre lyding,
  • Verslawings en depressie,
  • Gewigsverlies d.m.v EFT

Hierdie opleiding is vir:

  • diegene wat van hul eie stressimptome ontslae wil raak (Fase 1),
  • gekwalifiseerde hulpverleners (maatskaplike werkers, sielkundiges, pastorale beraders, trauma beraders, onderwysers) wat ‘n nuwe terapeutiese tegniek vir effektiewe hulpverlening wil bemeester,
Wat jy nie gaan leer nie:
  • Dit is nie ‘n studie oor sielkunde nie,
  • Daar is nie leerstof oor psigoterapie nie, alhoewel basiese breinfunksionering tog verduidelik word,
  • Daar is geen verwysing na godsdiens nie, alhoewel die aanbieder ‘n Christen is en vanuit dié geloofsoortuiging die opleiding doen.

Wat ander van die opleiding sê:

Annamie AukettEk het met gemengde gevoelens na die opleiding gekom. Ek was nuuskierig omdat ek altyd die nuutste terapie-tegnieke en metodes wil leer, maar ook skepties. Ek’t gedink dat as die kursus my verveel of my tyd mors, ek myself vinnig sou verskoon.

Wel, ek was omgeboul! My skeptiese gesindheid het met die eerste demonstrasie geswaai na absolute verbasing. Ek kon nie vir iets beter gevra het vir hierdie tyd van my lewe nie.

Ek het eerstehands ervaar hoe ongelooflik effektief EFT (klopterapie) is toe Edgar dit op my toegepas het. Ek sien amper daagliks hoe my kliënte se negatiewe emosies verdwyn en hul perspektief op die lewe weer positief verander. Ek kan nou meer kliënte op ‘n daaglikse basis sien, omdat my terapiesessies drasties verkort het met die gebruik van EFT.

Ek is dankbaar dat ek deel van hierdie EFT-gemeenskap kan wees en glo dit gaan nog soos ‘n veldbrand in Suid Afrika versprei. Sal ek EFT aanbeveel? Wat ‘n vraag! Nie net vir enige berader, terapeut en sielkundige nie, maar ook vir die man op straat wat sommer net homself wil help om ontslae te raak van daaglikse stres en die effek van die gejaagde lewe.

Annamie Aukett van Kuruman (Funksionele Terapeut en Berader)

Ons 🙂 waarborg aan jou!

Indien jy aan die einde van die opleiding dink dit was tydmors en jy niks geleer het nie, gee ons 100% van jou kursusfooi met ‘n 🙂 aan jou terug!

Voorbeelde uit die opleidingsmateriaal

EFT Graphics 7

Wat maak hierdie opleiding so uniek?

Jy gaan weet…

  • Hoe om mense wat trauma beleef het, te kan help,
  • Hoe om die verband tussen emosies, denke en fisiologie te identifiseer,
  • Hoe om die onderbewuste toestemming te gee om negatiewe prentjies te laat gaan,
  • Hoe om vry te kom van negatiewe emosies en nuwe perspektiewe op die lewe te kry,
  • Hoe om fisiese pyn met EFT te behandel,
  • Hoe om depressie met EFT te verlig,
  • Hoe om van “cravings” ontslae te raak,
  • Hoe om van fobies ontslae te raak.
Datums vir 2018
  • Noordwes (Potchefstroom): 4 -5 September 2018
CPD punte
  • 15 CPD punte vir maatskaplike werkers
  • 16 CPD punte vir NG Kerk predikante

Kursuskoste

Doen die aanlynbetaling om jou plek te bespreek.

EFT Opleiding

Self-help    Fase 1

EFT Praktisyn Fase 1-3 

Gewone opsie

EFT Praktisyn Fase 1-3

Bonus opsie

Kursushandleiding

Ja

Ja

Ja

1XDVD wat die basiese resep van klasieke EFT demonstreer

Ja

Ja

Ja

Registrasie op PTC se Assessment Centre om kliënte te assesseer  met 5 krediete (waarde R250)

Nee

Ja

Ja

‘n Stel van 7 DVDs, asook pdf e-boek  (waarde R1500)

Nee

Nee

Ja

Pdf e-boek; Building a Thriving Practice with EFT (waarde R200)

Nee

Nee

Ja

 Kursuskoste R1500Pay R3500Pay R3750Pay

Laai registrasievorm hier af: KLIEK HIER

Belangrik

Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?

  1. Jy word na die PayFast webwerf herlei waar jy eers moet registreer met jou eposadres.
  2. Daarna kies jy jou betalingsmetode – Kredietkaart, Internet of Ukash.
  3. PayFast is ‘n betroubare Suid Afrikaanse maatskappy.
  4. Indien jy met die PayFast betaling sukkel, kontak ons gerus admin@functionaltherapy.co.za vir ons bankbesonderhede.
  5. Na afloop van jou betaling, sal jy binne 48 uur gekontak word.
Bankbesonderhede

Indien jy nie van die aanlynbetaling gebruik wil maak nie, kan jy die volgende bankrekening gebruik.

Banking details graphics 1

Gebruik jou voorletters en van as verwysing en epos die bewys van betaling na: admin@perspectivetrainingcollege.co.za


‘n Getuienis van een van ons vorige kursusgangers:

Ek wil net baie dankie sê vir die toerusting van EFT – ek staan telkens verstom oor die resultate! Ek is ‘n ruk gelede deur ‘n instansie genader wat met ‘n pasiënt se vriendin raadop geraak het. Die pasiënt het haarself voor haar vriendin doodgeskiet. Ek was ±40 minute met die vriendin besig, toe beleef sy die grootste vrede en verligting. Sy kon nie glo dat sy nie meer die skoot se geknal in haar kop kon hoor nie, asook die yskoue gevoel kon herroep nie. Ek het haar in ‘n byna histerie-bui ontmoet en sy is kalm, vriendelik en vol opgewondenheid by my weg.

Baie dankie vir hierdie kragtige toerusting en alle eer aan die Here vir Sy wonderwerkende genade in sulke omstandighede!”

Helene Fourie (Pastorale funksionele terapeut en EFT praktisyn)

Waarom registrasie op PTC se Assessment Centre?

Prof. Waltor Hudson wat Ekometriese assesseringskale ontwikkel het, het gesê; As jy nie ‘n kliënt se probleem kan meet nie, bestaan dit nie. As jy nie ‘n kliënt se probleem kan meet nie, kan dit nie behandel word nie.

Die Assessment Centre gee jou toegang tot ‘n verskeindenheid internasionaal geldige en betroubare skale. Vir hierdie werkswinkel sal jy die Negative Functioning Inventory (NFI) en Self-perception Scale (SPS) kan gebruik om kliënte vir voor-en-na resultate te assesseer.

Die Negative Functioning Inventory bestaan uit ses konstrukte en meet ‘n persoon se frustrasie-, stres- en traumavlakke.

NFI

Die Self-perception Scale bestaan uit drie konstrukte en meet ‘n persoon se gevoel van sekuriteit, skuldgevoelens en gevoel van selfwaarde

SPS

Dr. Eric Robbins (uroloog) en EFT

Hoop om jou by die werkswinkel te sien!

admin@perspectivetrainingcollege.co.za

  • EFT is nagevors in meer as 10 lande, deur meer as 60 navorsers, wie se resultate in meer as 20 verskillende vaktydskrifte gepubliseer is soos Journal of Clinical PsychologyJournal of Nervous and Mental Disease en Psychotherapy: Theory, Research, Practice, Training and Review of General Psychology.
  • EFT navorsing sluit navorsers van bekende tersiëre instellings in soos; Harvard Medical School, City University of New York, JFK University en vele meer.

Aanbieder

Edgar-en-HanlieHierdie opleiding word deur Edgar Phillips aangebied.

  • Edgar is ‘n Imago Professional Facilitator vanaf 2008.
  • Hy verwerf sy nagraadse diploma is Funksionele Terapie in 2010.
  • Hy is tans besig met sy Meestersgraad by NWU (Potch-kampus)
  • Edgar is sedert 2011 ‘n internasionaal gesertifiseerde EFT en Matrix Reimprinting praktisyn.
  • Hy is ‘n Master Brainspotting Therapist en is tans die mees gekwalifiseerde Brainspotting terapeut in Afrika.
  • Sy passie is om mense wat deur trauma was te help om van die negatiewe simptome ontslae te raak, te genees en weer voluit te kan leef.
  • Verder, help hy ook sportmanne/vroue (atlete, golfers, swemmers, pistoolskiet en.) wat met performance anxiety en Repetitive Sports Performance Problems sukkel om nuwe hoogtes in hul sport te bereik.

Hy is 23 jaar getroud en bly in Alberton met sy vrou en drie dogters.

Digiprove sealCopyright secured by Digiprove © 2014 Edgar Phillips

Stuck with life's problems? Heal, grow and experience life to the fullest again!