Die Houtkapper

Hoe skerp is jou byl?

Woodcutter 1Daar is ‘n storie wat vertel word van ‘n man wat aansoek gedoen het by ‘n saagmeule om bome in ‘n plantasie af te kap. Nadat sy aansoek suksesvol was, begin hy sommer dadelik om, want hy word per boom betaal.

Na die eerste dag waarin hy 18 bome gesloop het, wens sy baas hom geluk en gee hom sy geld. Gemotiveerd begin die houtkapper sy tweede dag, maar kap slegs 16 bome af. Die derde dag kon hy net 14 neervel en aan die einde van die week het hy maar ‘n gemiddeld van 13 bome per dag afgekap.

“Wanneer laas het jou byl skerp gemaak”, vra sy baas nadat die man vir hom sy geld gee vir die 7 bome wat hy die Vrydag afgekap het. “Daar’s niks fout met my byl nie, antwoord hy verontwaardig.” “In elk geval,” sê hy, “daar is nie tyd om die byl skerp te maak nie, daar is te veel werk.”

Hoe maak ek my eie byl skerp?

Daar is verskeie maniere hoe ek tyd kan spandeer om myself “op te skerp”.

  • Liggaamlik kan ek reg eet, genoeg slaap en oefeninge doen,
  • Geestelik kan ek mediteer, bid, ontspan en na geestelike musiek luister of tyd in stilte in die natuur deurbring,
  • Intellektueel kan ek lees en studeer, seminare en werkswinkels bywoon of ander leer dit wat ek weet.

“Byl skerpmaak” werkswinkels en opleiding

1-Dag Opleiding in Berading

 

therapy

½-Dag Opleiding in Selfontwikkeling

self-differentiation

1-Dag en 3-Dag opleiding in EFT (Emotional Freedom Technique)

EFT Points